Aardplaneet

Die aardplanete van die Sonnestelsel: Mercurius, Venus, Aarde en Mars, volgens skaal.

’n Aardplaneet is ’n planeet wat hoofsaaklik uit silikaatrotse of -metale bestaan. In die Sonnestelsel is die vier binneplanete (die naaste aan die Son) aardplanete: Mercurius, Venus, Aarde en Mars. Hulle lê almal tussen die Son en die asteroïdegordel. Die planete word so genoem omdat hulle "aardagtig" is.

Aardplanete het ’n soliede, harde oppervlak en hulle verskil dus aansienlik van die vier groter planete in die Sonnestelsel, Jupiter, Saturnus, Uranus en Neptunus, wat gasplanete is – hulle bestaan hoofsaaklik uit ’n kombinasie van waterstof, helium, en water in verskillende fisieke toestande.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search