Benin

Republiek Benin
République du Bénin (Frans)
Vlag van Benin Wapen van Benin
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Fraternité, Justice, Travail
(Frans vir: "Broederskap, Geregtigheid, Arbeid")
Volkslied: L'Aube Nouvelle
(Frans vir: "Die aanbreek van 'n nuwe dag")
Ligging van Benin
Hoofstad Porto-Novoa

6°30′N 2°36′O / 6.500°N 2.600°O / 6.500; 2.600

Grootste stad Cotonou

6°22′N 2°26′O / 6.367°N 2.433°O / 6.367; 2.433

Amptelike tale Frans
Regering Presidensiële republiek
Patrice Talon
Onafhanklikheid
• van Frankryk

1 Augustus 1960
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
114 763[1] km2  (100ste)
44 310 myl2
0,4
Bevolking
 - 2016-skatting
 - 2013-sensus
 - Digtheid
 
10 872 298[2] (82ste)
10 008 749[3]
78,1 / km2 (120ste)
202,2 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$29,918 miljard[4]
$2 552[4]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$11,386 miljard[4]
$971[4]

MOI (2017) 0,515[5] (163ste)  –  laag
Gini (2015) 47,8[6] –  hoog
Geldeenheid CFA-frank (XOF)
Tydsone
 - Somertyd
WAT (UTC+1)
nie toegepas nie (UTC+1)
Internet-TLD .bj
Skakelkode +229
a. Cotonou is die regeringsetel.
Skattings vir hierdie land reken die effek van sterftes as gevolg van Vigs is; dit kan lei tot laer lewensverwagting, hoër sterftesyfers en veranderinge in die verspreiding van die bevolking volgens ouderdom en geslag as wat normaalweg verwag sou word.

Benin (Frans: Bénin, [benɛ̃], ), amptelik die Republiek Benin (République du Bénin), is 'n republiek in Wes-Afrika met golwende vlaktes, heuwels en lae berge. Dit lê aan die Bog van Benin en grens aan Niger in die noorde, Nigerië in die ooste, Togo in die weste en Burkina Faso in die noordweste. Landbou is die vernaamste bron van inkomste. Die staat is ’n lid van die Afrika-unie.[7]

Nasa-satellietbeeld van Benin

Benin beslaan 'n oppervlakte van 114 763 km² en het 'n bevolking van 10 872 298 in 2016 gehad. Die hoofstad is Porto-Novo, terwyl die grootste stad Cotonou is.

Benin was in die koloniale tydperk as die "Slawekus" bekend. In die 16de eeu ontstaan die eerste Portugese nedersettings, wat veral vir slawehandel gebruik is. Slawe is deur die Portugese, later ook Britte, Dene en Franse, van die inheemse stamhoofde gekoop en na die Amerikas gebring. In die jaar 1885 was daar nog steeds slawe in Benin verkoop.

Ná die Franse verowering, wat in 1894 voltooi is, word die gebied 'n kolonie van Frankryk. Die land dra na sy onafhanklikheid in 1960 die naam Dahomey, maar neem in Desember 1975 die naam van die ou Nigeriese Koninkryk Benin aan.

  1. (fr) Annuaire statistique 2010 (Report). Institut national de la statistique et de l'analyse économique. 2012. p. 49. http://www.insae-bj.org/annuare-statistique.html?file=files/publications/annuel/Annuaire%20statistique%20%20INSAE%202010.pdf. Besoek op 7 April 2016. 
  2. "World Population Prospects: The 2017 Revision". ESA.UN.org (custom data acquired via website) (in Engels). United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Augustus 2018. Besoek op 10 Augustus 2019.
  3. "BENIN en Chiffres" (in Frans). Institut national de la statistique et de l'analyse économique. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 7 April 2016.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) "Benin". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 10 Augustus 2019.
  5. "2018 Human Development Report" (PDF) (in Engels). United Nations Development Programme. 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 10 Augustus 2019.
  6. "Benin" (in Engels). Wêreldbank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Mei 2019. Besoek op 10 Augustus 2019.
  7. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search