Bratislava

Bratislava

Kaart Wapen
Vlag
 Land Slowakye
 Koördinate 48°9' N, 17°8' O
 Oppervlakte:  
 - Totaal 367,58 vk km
 Hoogte bo seevlak 126-514 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2015) 422 932
 - Bevolkingsdigtheid 1 150,6/vk km
 Tydsone UTC +1
Somertyd: UTC +2
 Amptelike Webwerf bratislava.sk
Uitsig oor Bratislava se kasteel en die Sint Maartens-katedraal

Bratislava (ˈbracɪslava), (Duits: Pressburg of Preßburg, Hongaars Pozsony), in Afrikaans dikwels ook gespel as Bratislawa, is die hoofstad en grootste stad van Slowakye,[1] 'n land in Sentraal-Europa wat in 1993 met die verdeling van Tsjeggo-Slowakye onafhanklik geword het. Bratislava het 'n oppervlakte van 367,58 vierkante kilometer en 'n bevolking van 422 932 (soos op 31 Desember 2015).

Bratislava is die politieke, kulturele en ekonomiese sentrum van Slowakye en – ondanks sy geskiedenis van meer as 2 000 jaar – een van die jongste hoofstede in Europa. Die stad is die setel van die Slowaakse president, parlement en regering, asook verskeie universiteite, museums, teaters, kunsgalerye en ander nasionale ekonomiese, kulturele en onderwysinstellings. Ook die meeste van Slowakye se groot ondernemings en finansiële instellings het hulle hoofkwartiere in die stad.

Die stad se verlede word gekenmerk deur die sterk kulturele invloede van verskeie volke, waaronder Slowake, Duitsers, Hongare, Tsjegge, Oostenrykers en die Joodse gemeenskap. Bratislava het sy kosmopolitiese karakter steeds bewaar en spog nog steeds met 'n opwindende kulturele en naglewe. Bratislava tree daarnaas ook as gasheerstad van talle feeste en handelskoue op.

Bratislava is aan weerskante van die Donau geleë, in 'n sogenaamde "drielandehoek" naby die Slowaakse grense met Oostenryk en Hongarye en sowat 60 kilometer van die Tsjeggiese grens en die Oostenrykse hoofstad Wene af.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search