Kasteel

Die kasteel Neuschwanstein in Duitsland. Sy historiserende argitektuur het uit die romantiese ideale van sy ontstaanstyd voortgespruit

Die terme kasteel en burg verwys in Europa na die adellike vesting van die Hoë Middeleeue wat om politieke, strategiese en militêre redes opgerig is, byvoorbeeld om 'n bepaalde gebied te oorheers, maar wat terselfdertyd ook as woonplek van 'n adellike gesin en sy hofhouding gedien het. Die Nederlandse en Afrikaanse woord kasteel is afgelei van Middelnederlands casteel, Pikardies castel en Latyns castellum (wat oorspronklik na 'n blokhuis of bolwerk verwys het).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search