Katedraal van Petrus en Paulus

Die Katedraal van Petrus en Paulus in Sint Peterburg.

Die Katedraal van Petrus en Paulus (Russies: Петропа́вловский собо́р; Petropawlofski sobor) is ’n Russies-Ortodokse katedraal in Sint Petersburg, Rusland. Dit is in die Fort van Petrus en Paulus geleë en is die stad se eerste en oudste baken. Dit is tussen 1712 en 1733 op Zajatsji-eiland aan die Newarivier gebou. Beide die fort en die kerk is aanvanklik deur tsaar Pieter die Grote laat bou en deur Domenico Trezzini ontwerp. Die katedraal se kloktoring is die hoogste Ortodokse toring in die wêreld.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search