Konstantin Tsiolkofski

Konstantin Tsiolkofski
Konstantin Tsiolkofski
Gebore
Konstantin Edoeardowitsj Tsiolkofski

17 September 1857
Izjefskoje naby Rjazan, Russiese Ryk
Sterf19 September 1935
Kaloega, Sowjetunie
NasionaliteitVlag van Russiese Ryk Rusland
Vlag van Sowjetunie Sowjetunie
BeroepHoërskoolwiskundeonderwyser maar ook die teoretiese "vader" van die vuurpyl- en ruimtevaartwetenskap
EggenootWarwara Sokolowa

Konstantin Edoeardowitsj Tsiolkofski (Russies: Константин Эдуардович Циолковский) (Izjefskoje naby Rjazan, 17 September 1857 - Kaloega, 19 September 1935) was 'n Rus van Poolse afkoms. Hy was 'n hoërskoolwiskundeonderwyser en word beskou as die vader van die vuurpylwetenskap.

Gedurende sy lewe het Tsiolkofski sy idees en teorieë in 'n aantal boeke verwerk waarvan Die ontdekking van die ruimte deur die vuurpylwetenskap (oorspronklike Russiese titel: Исследование мировых пространств реактивными приборами; Issledowanije mirowich prostranstf reaktiwnimi priborami) die bekendste is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search