Koraalrif

Veelkleurige korale

Koraalriwwe is onderwater-ekostelsels in oseane en bestaan uit kalsiumkarbonaat-strukture wat deur koraaldiertjies afgeskei word. Die koraalriwwe word gebou deur kolonies van hierdie klein seediertjies wat in seewater woon waar min voedingstowwe aanwesig is. Die meeste koraalriwwe word deur steenkoraal gevorm wat bestaan uit poliepe wat in groepe versamel. Die koraalpoliepe bestaan uit seediertjies wat aan die Cnidaria-familie behoort wat ook seeanemone en jellievisse insluit. Die meeste koraalriwwe groei goed in warm, vlak, helder seewater met baie sonlig.

Koraalriwwe word dikwels die "reënwoude" van die oseaan genoem omdat dit een van die mees diverse ekostelsels op ons planeet is. Dit beslaan minder as 0.1 % van die wêreld se oseaanoppervlaktes en is ongeveer so groot soos die helfte van Frankryk, tog voorsien dit 'n tuiste vir ten minste 25% van alle mariene spesies,[1][2][3][4] insluitend visse, weekdiere, seewurms, skaaldiere, manteldiereseekastaiingssponse, en ander cnidaria.[5]

Koraalriwwe word gewoonlik in vlak seewater in tropiese areas aangetref, maar daar kom ook koraalriwwe voor in koue water, wel op 'n kleiner skaal.

Koraalriwwe speel 'n belangrike rol in toerisme en die visvangbedryf en dit beskerm die kuslyn. Die jaarlikse ekonomiese waarde van koraalriwwe word bereken op tussen 29.8 en 375 miljard Amerikaanse dollar.[6][7] Tog is koraalriwwe kwesbare ekosisteme omdat dit veral sensitief is vir die temperatuur van die water. Dit word gedurigdeur bedreig deur dinge soos aardverwarming, die aansuring van oseane, die onwettige gebruik van plofstof om vis mee te vang, die gebruik van 'n sianied-oplossing om akwariumvisse te vang. Dinge soos die oormatige gebruik van sonskerm,[8]  die oorbenutting van die riwwe se hulpbronne, sekere praktyke op die land soos waterbesoedeling kan ook nadelig wees vir die riwwe omdat dit die oormatige groei van alge bevorder.[9][10][11]

  1. Spalding MD and Grenfell AM (1997).
  2. Spalding, Mark, Corinna Ravilious, and Edmund Green (2001).
  3. Mulhall M (Spring 2009) Saving rainforests of the sea: An analysis of international efforts to conserve coral reefs Geargiveer 6 Januarie 2010 op Wayback Machine Duke Environmental Law and Policy Forum 19:321–351.
  4. Where are Corals Found?
  5. Hoover, John (November 2007).
  6. Cesar, H.J.S; Burke, L.; Pet-Soede, L. (2003).
  7. Costanza, Robert; Ralph d'Arge; Rudolf de Groot; Stephen Farber; Monica Grasso; Bruce Hannon; Karin Limburg; Shahid Naeem; Robert V. O'Neill; Jose Paruelo; Robert G. Raskin; Paul Sutton; Marjan van den Belt (15 Mei 1997).
  8. Danovaro, Roberto; Bongiorni, Lucia; Corinaldesi, Cinzia; Giovannelli, Donato; Damiani, Elisabetta; Astolfi, Paola; Greci, Lucedio; Pusceddu, Antonio (April 2008).
  9. "Corals reveal impact of land use".
  10. Minato, Charissa (1 Julie 2002).
  11. "Coastal Watershed Factsheets – Coral Reefs and Your Coastal Watershed".

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search