Louisiana

Deelstaat Louisiana
State of Louisiana
État de Louisiane
alt alt
Vlag van Louisiana Seël
Bynaam(e): Pelican State
alt
Kaart van die Verenigde State met Louisiana uitgelig
Amptelike taal(e) Geen; Engels en Frans de facto
Gesproke taal(e) Engels 91,2%, Frans 4,8%
Hoofstad Baton Rouge
Grootste stad New Orleans
Area  31ste in die V.S.
 - Totaal 135 382 km2
 - Wydte 210 km
 - Lengte 610 km
 - Water 21 455 km2
 - % water 15 %
 - Breedtegraad 29°N tot 33°N
 - Lengtegraad 89°W tot 94°W
Bevolking  22ste in die V.S.
 - Totaal 4 649 676 (2014 skatting)
 - Digtheid 41,2/km2
22ste in die V.S.
Hoogte  
 - Hoogste punt Driskillberg, Bienville Parish
163 m
 - Gemiddeld 30 m
 - Laagste punt New Orleans
-2.5 m
Toetrede tot die Unie  30 April 1812 (18de)
Goewerneur John Bel Edwards (D)
Luitenant-Goewerneur Billy Nungesser (R)
Wetgewer Louisiana Wetgewer
 - Hoërhuis Senaat
 - Laerhuis Huis van Verteenwoordigers
V.S. Senatore Bill Cassidy (R)
John Kennedy (R)
Tydsone Sentrale Standaardtyd: UTC -6 / Somertyd -5
Afkortings LA US-LA
Webblad www.louisiana.gov

Louisiana is 'n deelstaat in die suide van die Verenigde State van Amerika. Louisiana word in die noorde deur die deelstaat Arkansas, in die weste deur die deelstaat Texas, in die ooste deur die deelstaat Mississippi en in die suide deur die Golf van Meksiko begrens. Die staat lê in die subtropiese klimaatsone met baie warm, lang somers en gematigde winters. Die gebied word dikwels deur verwoestende orkane getref.

Die Mississippi-rivierdelta (foto geneem deur NASA se Terra-satelliet) vorm die eindpunt van die magtige rivier se bestemming. Die rivier deel sy geheime met niemand nie, soos deelstaatbewoners sê, en hou hulle in sy whiskykleurige water om hulle na die see toe te neem
Missluiers hang oor die Mississippi in New Orleans se Franse Kwartier
Orkaan Katrina nader die Golfkus van Louisiana in Augustus 2005

Louisiana is danksy die erfenis van die Franse koloniale tydperk uniek onder die Amerikaanse deelstate. Terwyl daar geen amptelike taal is nie, erken sy regstelsel sowel Engels as Frans. Engels is vandag die omgangstaal van die oorgrote meerderheid van die bevolking. Tog word oorblyfsels van die Franse taal in die plaaslike dialekte en talle plekname bewaar en praat ongeveer 215 000 inwoners Frans as moedertaal. Die getal deelstaatbewoners van Franse of Frans-Kanadese afkoms is in die sensus van 2000 as 524 258 bepaal.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search