Protestantse Hervorming

Kerkvenster wat die belangrikste gebeure tydens die Protestantse Reformasie illustreer.

Die Protestantse Hervorming (ook Reformasie genoem, afgelei van die Latynse reformatio "hernuwing, herstelling") was 'n godsdienstige beweging wat deur die Duitse hervormer Martin Luther in 1517 begin is en tot die einde van die Dertigjarige Oorlog in 1648 sou voortduur.

Alhoewel Luther met sy oorspronklike optrede slegs die bestryding van wanpraktyke in die destydse Rooms-Katolieke Kerk ten doel gehad het, het die beweging uiteindelik tot die verdeling van die Westerse Christendom in die Rooms-Katolieke, Lutherse en Gereformeerde hoofstromings gelei, maar ook tot grootskaalse veranderinge in die politieke, sosiaal-kulturele en maatskaplike orde in groot dele van Europa.

Mur des Réformateurs in Genève, Switserland, met (van links na regs) Guillaume Farel, Johannes Calvyn, Théodore de Bèze en John Knox

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search