Separatisme

Separatisme, in 'n wye sin, kan verwys na enige beweging wat hom beywer vir afskeiding van 'n groep mense van die groter samelewing, waartoe hulle tans behoort. Gewoonlik het die mense namens wie separatistiese bewegings optree 'n gedeelde etniese, godsdienstige, rasse- of geslagsidentiteit.

Op die gebied van internasionale politiek word die woord meestal gebruik vir pro-onafhanklikheidsbewegings, wat territoriale afskeiding van sekere streke van bestaande state vereis. Suksesvolle separatistiese bewegings slaag daarin om nuwe soewereine lande te skep. Sommige van hulle, soos Oos-Timor en Suid-Soedan, word internasionaal erken, terwyl ander lande nie formele erkenning het nie, maar nogtans feitelik onafhanklik is, soos Somaliland en Transnistrië.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search