Sosialisme

New Harmony, 'n model gemeenskap soos deur Robert Owen in 1838 voorgestel

Sosialisme is 'n ekonomiese en politieke stelsel waar die werkers (en nie hul werkgewers nie) beheer oor die produksiemiddele, soos masjinerie en landbougrond uitoefen. Mense wat so 'n koöperatiewe samelewing bepleit word sosialiste genoem. Hulle glo daaraan dat goedere en dienste vir menslike gebruik, en nie vir winste geproduseer moet word nie. Sosialiste glo dat alles in die samelewing deur die koöperatiewe pogings van sy lede vervaardig moet word.

Daar is verskeie vorme van sosialisme, en geen enkele definisie dek die totale spektrum nie. Hulle stem ooreen in die opsig dat die werkers die hulpbronne en produksiemiddele moet besit.[1] Hulle verskil egter van mekaar in terme van die rol van die vryemark en beplanning, asook die rol van bestuurders en die regering se rol in die ekonomie.

  1. Peter Lamb, J. C. Docherty. Historical dictionary of socialism. Lanham, Maryland, UK; Oxford, England, UK: Scarecrow Press, Inc, 2006. p. 1.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search