Supermoondheid

Moontlike supermoondhede in die 21ste eeu: ██ Verenigde State – tans 'n supermoondheid ██ Brasilië ██ Europese Unie ██ Indië ██ Japan ██ Rusland ██ China

‘n Supermoondheid is 'n staat met 'n dominante posisie wat gekenmerk word deur sy uitgebreide vermoë om invloed uit te oefen of mag op 'n globale skaal te projekteer. Dit word gedoen deur die gekombineerde middel van ekonomiese, militêre, tegnologiese, politieke en kulturele mag sowel as diplomatieke en sagte magsinvloed. Tradisioneel is supermoondhede by uitstek onder die groot moondhede. Terwyl 'n groot moondheid in staat is om sy invloed wêreldwyd uit te oefen, is supermoondhede state wat so invloedryk is dat geen noemenswaardige optrede deur die globale gemeenskap geneem kan word sonder om eers die posisies van die supermoondhede oor die kwessie in ag te neem nie.[1]

Die term is vir die eerste keer in 1944 tydens die Tweede Wêreldoorlog op die Verenigde State, die Verenigde Koninkryk en die Sowjetunie toegepas.[2] Tydens die Koue Oorlog het die Britse Ryk ontbind, wat die Verenigde State en die Sowjetunie gelaat het om wêreldsake te oorheers. Aan die einde van die Koue Oorlog en die ontbinding van die Sowjetunie in 1991 het die Verenigde State die wêreld se enigste supermoondheid geword.[3][4][5]

Deur die eeue was daar verskeie ander supermoondhede, onder meer Antieke Egipte en die Romeinse Ryk.

  1. Munro, André. "superpower (Political Science)". britannica. Besoek op 13 April 2022.
  2. Hall, H. Duncan (Oktober 1944). "The Super-Powers; The United States, Britain, and the Soviet Union—Their Responsibility for Peace. By William T. R. Fox. (New York: Harcourt, Brace and Company. 1944. bl. 162.)". American Political Science Review. cambridge.org. 38 (5): 1013–1015. doi:10.2307/1949612. JSTOR 1949612. Besoek op 2 September 2013.
  3. Bremer, Ian (28 Mei 2015). "These Are the 5 Reasons Why the U.S. Remains the World's Only Superpower". Time.
  4. Kim Richard Nossal. "Lonely Superpower or Unapologetic Hyperpower? Analyzing American Power in the post–Cold War Era" in Biennial meeting, South African Political Studies Association, 29 June-2 July 1999..  Geargiveer 18 Mei 2020 op Wayback Machine
  5. From Colony to Superpower: U.S. Foreign Relations since 1776 (Published 2008), by Professor George C. Herring (Professor of History at Kentucky University)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search