Tartu

Tartu


Europese Kultuurhoofstad 2024
Euroopa kultuuripealinn 2024


Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Estland Estland
 Administratiewe gewes Tartu
 Koördinate 58°23′N 26°43′O / 58.383°N 26.717°O / 58.383; 26.717
 Stigting (eerste verwysing) ca. 1030
 Stadstatus voor 1262
 Oppervlakte:  
 - Totaal 38,80 vk km
 Hoogte bo seevlak 57,2 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2023) 97 435
 - Bevolkingsdigtheid 2 500/vk km
 Tydsone EET (UTC +2)
 - Somertyd EEST (UTC +3)
 Klimaat  
 - Tipe Kontinentaal-gematig
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 6,3°C
 - Gem. temp. Januarie/Julie -4,1 / 18,0 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 673 mm
 Burgemeester Urmas Klaas
 Amptelike webwerf www.tartu.ee

Tartu (Võro: Tarto; Duits en Sweeds: Dorpat) is die tweede grootste stad in Estland wat aan weerskante van die Emajõgi-rivier uitgebrei het en dien vandag as die ekonomiese en kulturele sentrum van Suid-Estland. Tartu het die oudste en grootste Universiteit in Estland met sowat 16 000 studente wat 'n jeugdige karakter aan die stad gee en groot invloed op Tartu se ryk kulturele lewe uitoefen. Kuns, teater en literatuur speel hier al lank 'n sentrale rol.

Toe Dorpat in die 13de eeu by die magtige Hanseverbond aangesluit het, het die nedersetting tot die beduidendste handelsstad in Lyfland naas Riga gegroei. Die historiese Middeleeuse sentrum van die Hansestad Dorpat is deur oorloë vernietig, tog beskik die stad nog oor 'n 19de eeuse stadskern met oorwegend klassisistiese geboue. Saam met Bad Ischl in Oostenryk en Bodø in Noorweë is Tartu aangewys as die Europese Kultuurhoofstad van die jaar 2024.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search