Transliterasie

In ’n transliterasie word woorde uit een skrif of taal letter vir letter in ’n ander alfabet weergegee. Soms word diakritiese tekens gebruik sodat die omskakeling op ’n presiese manier omgekeer kan word.

In teenstelling met getranskribeerde woorde is die uitspraakreëls van die teikentaal vir ’n leser nie voldoende om die getranslitereerde woorde te kan uitspreek nie. Transliterasie is ’n geskikte hulpmiddel om skrywers en titels of ander elemente in ’n lys wat oorspronklik nie in die Latynse alfabet geskryf is nie, behoorlik te sorteer.

Daar is verskeie voorbeelde van getranslitereerde woorde wat in Afrikaans gebruik word, byvoorbeeld sjiek (uit Frans), kurrikulum (uit Latyn) ens.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search