Unie van Suid-Afrika

Union of South Africa
Unie van Suid-Afrika
Unie van Zuid-Afrika




1910–1961
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Leuse: Ex Unitate Vires
Volkslied: Die Stem van Suid-Afrika
Ligging of Union of South Africa Unie van Suid-Afrika Unie van Zuid-Afrika
Ligging of Union of South Africa
Unie van Suid-Afrika
Unie van Zuid-Afrika
Ligging van die Unie van Suid-Afrika. Suidwes-Afrika (die huidige Namibië) was 'n omstrede gebied en deur Suid-Afrika as vyfde provinsie geëis.
Hoofstad Kaapstad (wetgewend)
Pretoria (administratief)
Bloemfontein (geregtelik)
Pietermaritzburg (argief)
33°55′S 18°27′O / 33.917°S 18.450°O / -33.917; 18.450Koördinate: 33°55′S 18°27′O / 33.917°S 18.450°O / -33.917; 18.450
Taal/Tale Nederlands (destyds Hollands genoem), Engels, Afrikaans (vanaf 1925)
Godsdiens Oorwegend Christelike kerke, ook Islam, Hindoeïsme, Judaïsme, tradisionele gelowe
Regering Grondwetlike monargie
Monarg
 - 1910–1936 George V
 - 1936–1937 Edward VIII
 - 1937–1952 George VI
 - 1952–1961 Elizabeth II
Goewerneur-Generaal van Suid-Afrika
 - 1910–1914 Herbert John Gladstone
 - 1914–1920 Sydney Charles Buxton
 - 1920–1924 Prins Arthur van Connaught
 - 1924–1930 Alexander Cambridge
 - 1931–1937 Graaf van Clarendon
 - 1937–1943 Patrick Duncan
 - 1943–1946 Nicolaas de Wet
 - 1946–1951 Gideon Brand van Zyl
 - 1951–1959 E.G. Jansen
 - 1959–1961 Charles Robberts Swart
Wetgewer Unie-Volksraad
Geskiedenis
 - Suid-Afrika-wet 31 Mei 1910
 - Statuut van Westminster 11 Desember 1931
 - Stigting van die Republiek van Suid-Afrika 31 Mei 1961
Oppervlakte
 - 1961 2 045 320 km2
789 702 sq mi
Bevolking
 - 1961 skatting 18 216 000 
     Digtheid 8,9 /km² 
23,1 /sq mi
Geldeenheid Pond

Die Unie van Suid-Afrika (Engels: Union of South Africa, Nederlands: Unie van Zuid-Afrika) het op 31 Mei 1910 in Suider-Afrika tot stand gekom toe die vier selfregerende Britse kolonies Kaap de Goede Hoop, Natal, Transvaal en Oranjerivierkolonie verenig is. Die naam Unie het tot 31 Mei 1961 voortbestaan, toe die land 'n republiek geword het en met 'n nuwe grondwet tot die Republiek van Suid-Afrika hernoem is.

Aanvanklik was die Unie 'n dominium binne die Britse Ryk. Dit beteken dat die Unie selfregerend met volle verantwoordelike bestuur was. Kortweg beteken verantwoordelike bestuur dat die regering die vertroue van wetgewende gesag van die land moes geniet. Mettertyd is die Unie se status binne die Ryk verhoog en eindelik het Suid-Afrika 'n vrygewes binne die Britse Statebond geword.

Die voormalige kolonies het provinsies geword en is Kaap de Goede Hoop, Natal, Transvaal en Oranje-Vrystaat genoem.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search