Vlag

In die lug wapper ’n rooi vlag met ’n wit kruis waarvan die vertikale mas na die vlagpaal geskuif is.
Die oudste ontwerp vir ’n nasionale vlag wat steeds in gebruik is, is Denemarke se Dannebrog
’n Wêreldkaart met al die nasionale vlae

’n Vlag is ’n stuk doek/lap, wat dikwels van ’n paal of mas gehang word en word gewoonlik gebruik om ’n boodskap oor te dra of vir identifikasie. Die mees algemene gebruik van vlae is om lande te verteenwoordig.

Die eerste vlae is gebruik om militêre koördinasie op slagvelde by te staan en sedertdien het dit ontwikkel in ’n algemene instrument vir identifisering en seingewing, veral in omgewings waar kommunikasie moeilik is (soos in skeepvaartomgewing waar semafore gebruik word). Nasionale vlae is patriotiese simbole met uiteenlopende interpretasies wat dikwels ’n sterk militêre verwantskap het weens die aanhoudende militêre gebruike van vlae. Vlae word ook gebruik in die oordra van boodskappe, advertensies of vir ander dekoratiewe doelwitte.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search