Vlag van Meksiko

Vlag van Meksiko
Vlag van Meksiko
Vlag van Meksiko
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 4:7
Goedgekeur 16 September 1968
Ontwerp Drie vertikale bane in groen, wit en rooi met die Meksikaanse wapenskild in die middel van die wit baan.
Ontwerp deur Francisco Eppens Helguera
Wisselvormvlag van Meksiko
Wisselvormvlag van Meksiko
Bynaam Vlootvaandel
Verhouding 1:1
Ontwerp ’n Diagonale groen baan van onder in die vlagpaalkant tot bo in die wapperkant met ’n wit driehoek bo teen die vlagpaalkant en ’n rooi driehoek onderaan die wapperkant. Daar is ’n goue ster in die skildhoek en onderaan die vlagpaalkant en wapperkant met ’n wit anker in die middel van die vlag.

Die nasionale vlag van Meksiko (Spaans: Bandera de México) is op 16 September 1968 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon drie ewe breë vertikale bane in groen, wit en rooi met die wapenskild van Meksiko in die middel van die wit baan. Hoewel die betekenis van die kleure na verloop van tyd verskeie kere verander het, is die kleure tydens die Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog (1810–1821) teen Spanje deur die daaropvolgende Eerste Meksikaanse Keiserryk goedgekeur. Die huidige vlag is in 1968 aangeneem aangesien die Meksikaanse wapen toe die laaste keer gewysig is, maar die algemene ontwerp dateer uit 1821, toe die eerste nasionale vlag geskep is.

Rooi, wit en groen is die kleure van die nasionale weermag in Meksiko. Die sentrale embleem in die Meksikaanse wapen is gebaseer op die Asteekse simbool vir Tenochtitlan (nou Meksikostad), die sentrum van die Asteekse Ryk. Dit herinner aan die legende van ’n arend wat op ’n kaktus sit terwyl hy ’n slang verslind, wat vir die Asteke aandui waar hulle hul stad Tenochtitlan moes stig.[1] ’n Lint in die nasionale kleure is aan die onderkant van die wapen. Deur die geskiedenis heen is die vlag verskeie kere verander, aangesien die ontwerp van die wapen en die lengte-breedte-verhouding van die vlag verander is. Die wapen het egter alreeds dieselfde kenmerke gehad: ’n Arend met ’n slang in sy kloue sit op die spits van ’n stekelpierkaktus; die kaktus is op ’n rots in ’n meer. Die wapen is ontleen aan ’n Asteekse legende dat hulle gode vir hulle gesê het om ’n stad te bou waar hulle ’n arend op ’n nopale sien wat ’n slang eet; dit is waar nou Meksikostad geleë is.

Die huidige wet op die nasionale simbole, die Ley sobre el Escudo, la Bandera y el Himno Nacionales is sedert 1984 van krag.[2]

  1. (en) Art of Mesoamerica, Miller. 245.
  2. (es) Kongres van die Unie (2005): Ley sobre Escudo, la Bandera y el Himno Nacionales Geargiveer 5 November 2007 op Wayback Machine.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search