Rilaklooster

Rilaklooster*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Binne die Rilaklooster
Ligging van Rilaklooster op 'n kaart (Bulgarye)
Rilaklooster
Rilaklooster
Posisie van die Rilaklooster in Bulgarye
Koördinate: 42°08′00″N 23°20′25″O / 42.13333°N 23.34028°O / 42.13333; 23.34028Koördinate: 42°08′00″N 23°20′25″O / 42.13333°N 23.34028°O / 42.13333; 23.34028
Lande Vlag van Bulgarye Bulgarye
Tipe Kultureel
Kriteria vi
Verwysings 216
Streek Europa
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1983  (7de Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Die Rilaklooster (Bulgaars: Рилски манастир, Rilski manastir) is die grootste en bekendste Ortodokse klooster in Bulgarye, wat ook as 'n nasionale heiligdom beskou word. Die klooster lê 1 147 meter bo seevlak in die noord-westelike Rilaberge, 117 kilometer suid van die hoofstad Sofia, in die Rilariviervallei.

Volgens oorlewering is die klooster in die 10de eeu deur die monnik Ivan Rilski as 'n kluis gestig. Die klooster was tydens die 13de en 14de eeu 'n belangrike kulturele sentrum van Bulgarye en het in die 19de eeu in die middelpunt van Bulgarye se nasionale hernuwingsbeweging gestaan. Die Chreljo-toring uit die 14de eeu is die oudste gebou van die klooster, wat in die jare 1834 tot 1837 ná 'n brand heropgebou is. Die kompleks is in 1983 deur UNESCO tot wêrelderfenis verklaar en is vandag een van die belangrikste besienswaardighede in Bulgarye.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search