Charlie Chaplin

Charlie Chaplin
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Charlie Chaplin in 1915

Geboortenaam Charles Spencer Chaplin
Geboorte 16 April 1889
Londen, Engeland
Sterfte 25 Desember 1977
Vevey, Switserland
Nasionaliteit Brits
Beroep(e) Komediant, akteur, regisseur, komponis en produsent
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Charlie Chaplin (1889–1977) was 'n Britse rolprentakteur en -regisseur wat in die 1920’s, hoofsaaklik in die VSA, in komiese stilrolprente opgetree het. Hy was een van die mees buitengewone akteurs en filmmakers van die twintigste eeu. Hy was te sien as 'n komieklike karakter met ’n snorretjie, bolhoed en kierie wat snaaks geloop het met sy hakke na mekaar en tone na buite gedraai.[1] Die "Little Tramp", 'n innemende figuur in 'n groot broek, styfpassende jas, hardebolhoed wat te klein was vir sy kop, bamboeskierie, skroefstrikdas en verspotte klein snorretjie, was in 1913 op die ingewing van die oomblik geskep, maar het 'n internasionaal erkende filmikoon geword.

Meester van die stilfilmgenre, het Charlie Chaplin die hoofrol vertolk in klassieke rolprente soos The Kid (1921), The Gold Rush (1925), City Lights (1931) en Modern Times (1936). Alhoewel hy aanvanklik nie in praatrolprente wou speel nie, het hy The Great Dictator (1940), Monsieur Verdoux (1947) en Limelight (wat in 1952 voltooi is, maar eers twee dekades later vrygestel is weens politiese en regstwis in Koueoorlog-Amerika) gemaak.

Chaplin het daarop aangedring om elke aspek van die films waarin hy gespeel het, van produksie tot die skryf van die musiekpartituur, te beheer. Hierdie ongewone toewyding tot die verfilmingproses as 'n geheel het daartoe gelei dat hy medestigter van United Artists, die eerste moderne filmvervaardigings- en -verspreidingsmaatskappy, geword het. In 1955 het filmkritici van oor die wêreld hom die beste akteur in die geskiedenis van rolprente genoem. In 1975 is hy deur Koningin Elizabeth II tot ridder geslaan vir sy bydrae tot die filmindustrie.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search