Lys van monarge van Brittanje

Die koninklike wapen van die Verenigde Koninkryk sedert die troonbestyging van koningin Victoria in 1837, met die wapen van Engeland in die eerste en die vierde kwart, Skotland in die tweede en Ierland in die derde.

Die volgende is ’n lys van monarge van Groot-Brittanje en die Verenigde Koninkryk. Die Koninkryk van Groot-Brittanje is op 1 Mei 1707 gevorm nadat die Koninkryk van Engeland en die Koninkryk van Skotland verenig het. Op 1 Januarie 1801 het Groot-Brittanje en die Koninkryk van Ierland verenig om die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland te vorm. Nadat die grootste deel van Ierland die unie op 6 Desember 1922 verlaat het, is die naam op 12 April 1927 verander na Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-Ierland.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search