Psigotropiese middel

Kafeïen is die wêreld se mees gebruikte psigoaktiewe stof
Blou lotus (Nymphaea caerulea), ook Blou waterlelie genoem, is een van die oudste bekende psigoaktiewe plante. Hierdie seldsame plant is reeds in antieke Egipte verbou, onder meer vir geneeskundige doeleindes

'n Psigotropiese middel is 'n stof (of 'n mengsel van meerdere stowwe) wat die menslike psige beïnvloed. Meer neutrale benaminge vir hierdie psigoaktiewe stowwe is psigotropikum (meervoud: psigotropika; afgelei van die Griekse psychḗ «siel» en tropḗ «'n draai in 'n bepaalde rigting») of psigoaktiewe stof. Die laasgenoemde benaminge word ten behoewe van objektiwiteit gekies in plaas van emosioneel gelaaide terme soos "psigoaktiewe dwelm". Hulle is daarnaas neutraal in terme van wettigheid en onwettigheid aangesien onder meer ook psigofarmaka as psigotropiese middels gekategoriseer word.

Van die bekendste psigotropiese stowwe is kafeïen, amfetamien, barbiturate (soos barbital) en LSD.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search