See van Marmara

See van Marmara

Foto van die see uit die ruimte (STS-40, 1991). Die see is die liggroen watermassa

Kaart van die See van Marmara
Koördinate:40°41′12″N 28°19′7″O / 40.68667°N 28.31861°O / 40.68667; 28.31861Koördinate: 40°41′12″N 28°19′7″O / 40.68667°N 28.31861°O / 40.68667; 28.31861
Ligging:Turkye
Soort:See van die Middellandse See
Oppervlakte:11 350 km² (4 380 myl²)
Gemiddelde diepte:494 m (1 621 vt)
Maksimum diepte:1 370 m (4 490 vt)
Volume:3 378 km³ (810 myl³)
Invloei:Simav, Biga Çayı, Nilüfer
Eiland/e:Marmara-eilande, Avşa, İmralı, Prinse-eilande, Paşalimanı en Ekinlik-eiland
Nedersettings:Istanboel, Bursa, Izmit, Tekirdağ, Balıkesir, Çanakkale, Yalova

Die See van Marmara of Marmora (Turks: Marmara Denizi) is die binnelandse see wat die Swartsee met die Egeïese See verbind en Turkye in ’n Europese en Asiatiese deel verdeel. Die Bosporus verbind dit met die Swartsee en die Dardanelle met die Egeïese See. Eersgenoemde seestraat verdeel Istanboel ook in ’n Europese en Asiatiese kant. Die See van Marmara het ’n oppervlakte van sowat 11 350 km² (280 km x 80 km)[1] en ’n diepte van tot 1 370 m.

  1. Sea of Marmara

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search