Cabinda (provinsie)

Nie-amptelike vlag van Cabinda, wat deur separatiste gebruik word
Ligging van Cabinda in Angola
Amptelike Logo van Cabinda
██ Republiek van die Kongo██ Demokratiese Republiek van die Kongo██ Cabinda (Portugees-Kongo)██ Angola

Cabinda (ook Kabinda, die voormalige Portugees-Kongo) is 'n eksklawe en provinsie van Angola en grens in die noorde aan die Republiek van die Kongo en in die suide aan die Demokratiese Republiek van die Kongo. Die hoofstad en grootste stad is Cabinda. Die provinsie het in 2007 300 000 inwoners gehad en het 'n oppervlakte van 7 270 km².

Tussen 1885 en 1975 was Cabinda 'n deel van die Portugese Ryk. Oorspronklik was Cabinda as 'n onafhanklike land beplan, maar Angola beset Cabinda en sedert 1975 is Cabinda 'n deel van Angola en die Bakongo strewe na onafhanklikheid.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search