Filosofie

Die Skool van Athene, 'n fresco deur Raphael
Kaart van Europa wat die werkplekke van die belangrikste filosowe vertoon

Filosofie of wysbegeerte is 'n vakgebied wat die kennis van, en insig in 'n verskeidenheid fundamentele sake najaag, soos byvoorbeeld realiteit, kennis, betekenis, waarde, bestaan en waarheid. In omgangstaal word die term filosofie baie keer gebruik om te dui op 'n ingesteldheid, uitgangspunt of lewensbeskouing. Hierdie artikel handel eerder oor filosofie as 'n akademiese vakgebied.

Histories het 'filosofie' enige kennisversameling omvat.[1] Vanaf die tyd van die Antieke Griekse filosoof Aristoteles tot die 19de eeu, het 'natuurfilosofie' sterrekunde, geneeskunde en fisika behels. Isaac Newton se wiskundige beginsels van natuurfilosofie uit 1687 word byvoorbeeld later as 'n fisikaboek geklassifiseer. In die 19de eeu het die groei van moderne navorsingsuniversiteite gelei tot die professionalisering en spesialisering van akademiese filosofie en ander dissiplines.[2][3] In die moderne era het sommige ondersoeke wat tradisioneel deel van die filosofie was, afsonderlike akademiese dissiplines geword, waaronder sielkunde, sosiologie, taalkunde en ekonomie.

Ander ondersoeke wat nou verband hou met kuns, wetenskap, politiek of ander beroepe, was steeds deel van die filosofie. Byvoorbeeld is skoonheid objektief of subjektief?[4][5] Is daar baie wetenskaplike metodes of net een. [6] Is politieke utopie 'n hoopvolle droom of hopelose fantasie?[7][8][9] Belangrike subvelde van akademiese filosofie sluit in metafisika ("gemoeid met die fundamentele aard van werklikheid en wese"), epistemologie (oor die "aard en grond van kennis [en] ... die grense en geldigheid daarvan" ), etiek, estetika, politieke filosofie, logika en wetenskapfilosofie.

Iemand wat filosofie beoefen, word 'n filosoof genoem. Filosofie kan ook verwys na die kollektiewe werk van die groot filosowe.

  1. "Philosophy". www.etymonline.com. Online Etymological Dictionary. Besoek op 19 Maart 2016. Die Engelse woord "philosophy" word in ongeveer 1300 gedefinieer as "kennis (knowledge), kennisversameling (body of knowledge).
  2. Shapin, Steven (1998). [ Filosofie op Google Boeke The Scientific Revolution] (1st uitg.). University Of Chicago Press. ISBN 978-0-226-75021-7. {{cite book}}: Check |url= value (hulp)
  3. Briggle, Robert Frodeman and Adam (11 Januarie 2016). "When Philosophy Lost Its Way". Opinionator (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2020. Besoek op 25 April 2016.
  4. Sartwell, Crispin (2014). Zalta, Edward N. (red.). Beauty (Spring 2014 uitg.).
  5. "Plato, Hippias Major | Loeb Classical Library". Loeb Classical Library. Besoek op 27 April 2016.
  6. Feyerabend, Paul; Hacking, Ian (2010). [ Filosofie op Google Boeke Against Method] (4th uitg.). Verso. ISBN 978-1-84467-442-8. {{cite book}}: Check |url= value (hulp)
  7. "Nozick, Robert: Political Philosophy | Internet Encyclopedia of Philosophy". www.iep.utm.edu. Besoek op 25 April 2016.
  8. "Rawls, John | Internet Encyclopedia of Philosophy". www.iep.utm.edu. Besoek op 25 April 2016.
  9. More, Thomas (2015). [ Filosofie op Google Boeke Utopia] (in Engels). Courier Corporation. ISBN 978-0-486-11070-7. {{cite book}}: Check |url= value (hulp)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search