Kaste

’n Bladsy uit die manuskrip Seventy-two Specimens of Castes in India, wat 72 handgeverfde volkleurportrette bevat van mans en vroue uit verskillende godsdienste, beroepe en etniese groepe in 1837 in Madurai, Indië. Dit illustreer die gewilde waarneming en aard van kastes voordat die Britte Hindoes begin indeel het volgens die varna-kategorieë.
’n Piramide wat die varna-stelsel in Indië voorstel.

’n Kaste is een van die erflike klasse of stande waarin Hindoegemeenskappe soms verdeel word volgens ’n bepaalde lewenstyl, soos beroep, godsdiens en taal, en wat die wisselwerking met ander groepe en die status van ’n persoon bepaal. Sulke stelsels kom in verskeie lande voor, maar ’n tipiese voorbeeld is die verdeling van die Indiese gemeenskap in streng sosiale groepe wat gewortel is in die antieke geskiedenis en vandag steeds in ’n mate voorkom,[1] hoewel dit aan die afneem is.

  1. Béteille 2002, p. 66.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search