National Archives and Records Administration

Die NARA logo.

Die National Archives and Records Administration (NARA) is 'n onafhanklike agentskap van die Amerikaanse regering belas met die bewaring en dokumentasie van regerings- en historiese rekords. Dit is ook getaak met toegang tot die publiek te verhoog tot die dokumente waaruit die Nasionale Argief bestaan.[1] NARA is amptelik verantwoordelik vir die instandhouding en publisering van die wettig outentieke en gesaghebbende eksemplare van Kongreshandelinge, presidensiële voorskrifte en federale regulasies. NARA dra ook stemme van die Verenigde State se Kieskollege na die Kongres oor.[2]

Die Nasionale Argief, en sy openbare tentoonstellings Handves van Vryheid, wat die oorspronklike Amerikaanse onafhanklikheidsverklaring, Grondwet van die Verenigde State, Amerikaanse Handves van Menseregte, en vele ander historiese dokumente insluit, het sy hoofkwartier in die National Archives Building in Washington, D.C.

Die Rotunda van die National Archives Building, waar die Handves van Vryheid-dokumente in die openbaar vertoon word.
  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named archivists
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named archives

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search