Nedersaksies

Nedersaksies
Nedersaksies
Gepraat in: Vlag van Denemarke Denemarke
Vlag van Duitsland Duitsland
Vlag van Nederland Nederland
Totale sprekers: 4 miljoen
Taalfamilie: Indo-Europees
 Germaans
  Wes-Germaans
   Nederduits
    Nedersaksies 
Skrifstelsel: Latynse alfabet
Taalkodes
ISO 639-1: nds
ISO 639-2: nds
ISO 639-3: nds 
Die Nedersaksiese taalgebied

Nedersaksies of Wes-Nederduits is 'n groep variante van Nederduits wat in Noordwes-Duitsland en in die noordooste van Nederland gepraat word. In die omgangstaal word na Nedersaksies en Oos-Nederduits dikwels as Platduits (Plattdüütsch) verwys. Die Nedersaksiese dialekte in Noordoos-Nederland word in Nederlands Nedersaksisch genoem.

Die uitgestrekte gebied waar Nedersaksies gepraat word, vorm geen eenheidstaalgebied nie. Nedersaksies bestaan eerder uit verskillende dialekte wat almal deel uitmaak van die Nederduitse dialekkontinuüm. Gewoonlik praat elke dorp of stad sy eie variant van Nedersaksies wat dikwels ten opsigte van woordeskat en fonetiek duidelik van mekaar verskil. Daar is dus honderde dialekte van Nedersaksies.

Duitsland en Nederland erken Nedersaksies amptelik as streektaal en gee beperkte steun daaraan toe, soos geformuleer in hoofstuk 2 van die Europese handves vir streek- en minderheidstale. Die taalkode (ISO 639-2) van Nedersaksies is nds.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search