Organisasie sonder winsoogmerk

'n Organisasie sonder winsoogmerk (afgekort OSW, ook organisasie sonder winsbejag of -motief, of Artikel 21-maatskappy indien hulle ingevolge die Suid-Afrikaanse Maatskappywet geÍnkorporeer is) is 'n organisasie wat nie die wins daarvan onder aandeelhouers of eienaars verdeel nie, maar dit aanwend ter bereiking van die doel van die organisasie. Voorbeelde van OSW's sluit in liefdadigheidsorganisasies, vakbonde, en publieke artistiese organisasies. 'n Organisasie sonder winsoogmerk kan ook ingevolge ander wetgewing in die lewe geroep word, of kan selfs as klubs (byvoorbeeld sportklubs, boekklubs, ens.) deur onderlinge ooreenkoms tot stand kom. Die meeste regerings en regeringsagentskappe voldoen aan die definisie van 'n organisasie sonder winsoogmerk, maar hulle word dikwels nie as tipiese organisasies sonder winsoogmerk beskou nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search