Wit mense

’n Natuurlik blonde wit meisie met ligte blou oë.

Wit mense of blankes is 'n rasseklassifikasie-aanwyser, afhangende van die konteks waarin die voorsate van die Kaukasiese ras na verwys word. Die algemene verwysing na "wit mense" of 'n "wit ras", as 'n groot groep van (hoofsaaklik Europeërs) bevolkings, in teenstelling met "swart" Amerikaners, Amerikaanse Indiane, "kleurlinge" of nie-blankes, het sy oorsprong in die 17de eeu. Dit word vandag veral gebruik as 'n rasse-klassifiseerder in veelrassige gemeenskappe, soos in die Verenigde State van Amerika (wit Amerikaner), die Verenigde Koninkryk (wit Britte), Brasilië (wit Brasiliane), en Suid-Afrika (wit Suid-Afrikaners). Verskeie sosiale samestellings om wit te wees, soos openbare beleid, godsdiens, bevolkingsstatistiek, rassesegregasie, regstellende aksie, bevoorregting, eugenetika, rasse-marginalisering en rassekwotas, is beduidend tot die nasionale identiteit.

Die term "wit ras" of "wit mense" is in die laat 17de eeu, met die rasgebonde slawehandel en ongelykheid in die Europese kolonies, in die hoofstroom taalgebruik van Europa opgeneem. Die verwysing na bevolkings as "wit" met betrekking tot velkleur, dateer al uit die Grieks-Romeinse etnografie en ander antieke verwysings. Navorsers onderskei hoofsaaklik tussen die hedendaagse konsep en die ou beskrywings van kollektiewe verskille.[1]

  1. "On both sides of the chronological divide between the modern and the pre-modern (wherever it may lie), there is today a remarkable consensus that the earlier vocabularies of difference are innocent of race."

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search