God

God in Christendom soos voorgestel in Michelangelo se fresco "Skepping van Adam".

Die woord god verwys gewoonlik na 'n uiterste persoonlike en/of bonatuurlike wese. Die "opperwese-konsep" kan as inherent of abstrak voorgehou word. Wanneer die woord met 'n kleinletter gespel word, is dit 'n selfstandige naamwoord wat gewoonlik na die god van 'n arbitrêre godsdiens verwys, terwyl wanneer dit binne 'n gegewe godsdiens gebruik word om na daardie godsdiens se eie opperwese(s) te verwys, dit gewoonlik met 'n hoofletter geskryf word. In die Bybel sal daar byvoorbeeld na die Christelike god as "God" verwys word, maar wanneer in 'n sekulêre bespreking na enige god verwys word, word dit met 'n kleinletter geskryf.

Die woord kom uit die Germaanse talegroep en is in die Westerse kultuur ekwivalent aan die Latyns-gebaseerde "Deus".


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search