President van die Verenigde State van Amerika

Vlag van die President van die Verenigde State van Amerika
Seël van die President van die Verenigde State van Amerika

Die President van die Verenigde State van Amerika (Engels: President of the United States of America) is die staatshoof van die Verenigde State. Volgens die V.S.A. se grondwet is die President ook die hoof- uitvoerende beampte van die federale regering en die opperbevelvoerder van die Amerikaanse Gewapende Magte. Die president is die hoof-verkose verteenwoordiger van die burgers van die V.S.A.

As gevolg van die supermoondheid-status van die Verenigde State word die Amerikaanse President gereeld "die magtigste persoon op aarde" genoem en die dienende president is een van die wêreld se mees bekende figure.

Gedurende die Koue Oorlog was daar soms verwys na die president as "die leier van die vrye wêreld", 'n term wat steeds soms gebruik word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search