Pornografie

'n Pornografiesie akteur kry aanwysings by die regisseur van 'n pornofliek wat in 2004 in München, Duitsland, verfilm is.

Pornografie, wat soms verkort word tot porn of porno, is in sy breedste omskrywing die eksplisiete voorstelling van die menslike liggaam of seks met die doel om die kyker seksueel te stimuleer of prikkel.

Dit is soortgelyk aan erotika, wat kuns van 'n erotiese aard is, maar waarvan die hoofdoel nie is om te stimuleer nie, maar eerder die kuns op sigself. Die laaste paar dekades vanaf veral die dekade ná 1970, het 'n reusebedryf rondom pornografie ontstaan weens die verskyning van eers video- en toe DVD-tegnologie en die internet wat pornografie binne maklike bereik van enigeen met die nodige toerusting geplaas het. 'n Ander faktor wat tot die oplewing in die vervaardiging en verspreiding van pornografie gelei het, is 'n meer verdraagsame houding van die samelewing en die gepaardgaande verslapping in wetgewing oor die verspreiding en besit daarvan.

Soos erotika, kan pornografie in verskeie vorme voorkom. Dit sluit onder meer tydskrifte, foto's, beeldhouwerk, animasie, skilderye, klankopnames, rolprente, video's en DVD's in. Wanneer seksdade egter voor 'n gehoor opgevoer word, is dit nie pornografie nie, want die term verwys juis na die uitbeelding van seks en nie seks self nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search