Aktigrafie is ’n nie-indringende metode[1] om menslike rus/aktiwiteit-siklusse te monitor. ’n Klein aktigraaf, ’n aktigrafiese eenheid of sensor,[2] word sowat ’n week of langer gedra om motoriese aktiwiteit te meet. Dit kom voor in ’n toestel wat soos ’n horlosie lyk en aan die pols gedra word. Bewegings word voortdurende gemonitor en sommige eenhede meet ook ligblootstelling. Die data kan later op ’n rekenaar gelees en vanlyn ontleed word; in toestelle van sommige handelsmerke word die data in reële tyd gestuur en ontleed.
Slaapaktigrawe het gewoonlik die vorm van ’n polshorlosie en word aan die niedominante arm van volwassenes of die enkel van kinders gedra. Dit is nuttig vir die meet van slaappatrone en sirkadiese ritmes, en kan weke aaneen gedra word.
{{cite journal}}
: Cite journal requires |journal=
(hulp)
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search