Akudruk

Akupunktuurkaart uit die Ming-dinastie.
Vermeende akupunktuurpunt Hegu

Akudruk (Chinees - Tui na),[1] is 'n alternatiewe medisyne tegniek wat dikwels saam met akupunktuur gebruik word. Dit is gebaseer op die konsep van vermeende lewensenergie wat deur vermeende "meridiane" in die liggaam vloei. In die behandeling word fisiese druk op vermeende akupunktuurpunte of "ashi-sneller"-punte toegepas met die doel om vermeende verstoppings in hierdie meridiane op te ruim. Druk kan met die hand, met die elmboog of met verskillende toestelle toegepas word.[2]

Daar is geen betroubare bewyse vir die effektiwiteit van akudruk nie. Alhoewel sommige mediese studies voorgestel het dat akudruk 'n effek kan hê op naarheid en braking, laerugpyn, spanningshoofpyn, en maagpyn is daar gevind dat sulke studies 'n groot waarskynlikheid vir vooroordeel het en dat hulle nie betroubaar is nie.[3]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named tui na
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Ashi
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Lee

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search