Moganiet | |
---|---|
![]() | |
Formule | SiO2.nH2O |
Nickel-Strunz (10) | 4.DA.20 |
Kleur | grys[1] |
Glans | glasagtig[1] |
Hardheid | 6 (Mohs)[1] |
Digtheid | 2,53-2,58 g/cm3[1] |
Transparansie | deurskynend[1] |
Dubbelbreking | tweeassig |
RI-waardes | nα = 1.524 nγ = 1.531 |
Ruimtegroep | I2/a |
Eenheidsel | a = 875,8; b = 487,6; c = 1071,5 pm;β = 90.08°[1] |
![]() | |
* Lys van minerale | |
Portaal ![]() |
Mogániet is 'n oksiedmineraal met die chemiese formule SiO2 (silikondioksied) wat in 1984 ontdek is. [2] Dit kristalliseer in die monokliniese kristalstelsel. Moganiet word as 'n polimorf van kwarts beskou, m.a.w. dit het dieselfde chemiese samestelling as kwarts, maar 'n ander kristalstruktuur.[3]
In 1994 het die Internasionale Mineralogiese Vereniging (IMA) dit as 'n afsonderlike mineraal afgekeur omdat dit nie duidelik onderskeibaar was van kwarts nie. [4] Dit is egter redelik onlangs (2007) as 'n geldige spesie deur die CNMNC, die Kommissie oor Nuwe Minerale, Nomenklatuur en Klassifikasie (deel van die IMA) goedgekeur. [5]
Hierdie mineraal word hoofsaaklik aangetref in droë plekke soos Gran Canaria en die Magadimeer. [6] Dit is al by verskeie plekke in Europa, Indië en die Verenigde State aangeteken. [2] Dit is vernoem na die Mogán munisipaliteit op Gran Canaria.
Fisies het dit 'n hardheid van ongeveer 6, 'n dowwe glans en is grys van kleur, alhoewel deursigtig.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search