Suiderkruis

Suiderkruis
Latynse naam Crux
Genitief Crucis
Afkorting Cru
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 12h
Deklinasie 59º
Grootte 68 vk. grade (88ste)
Kwadrant SQ3
Besonderhede
Hoofsterre 4
Helderste ster Acrux (α Cru)
Naaste ster η Cru
Sterre helderder as 3 m 4
Sterre met planete 1
Messier-voorwerpe 0
Bayer-/Flamsteed-sterre 19
Meteoorreëns Crucids
Aangrensende sterrebeelde
Sentour, Vlieg
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Suiderkruis, ook bekend onder sy Latynse naam, Crux, is die kleinste sterrebeeld in die lugruim. Vanweë sy duidelike sigbaarheid en simboolkrag as kenmerk van die suidelike naglug is dit egter een van die beroemdstes. Die Suiderkruis is in die herfs in die Suidelike Halfrond te sien en is dus byvoorbeeld nie sigbaar in lande soos Kanada nie; maar wel in gebiede onder ’n breedtegraad van +30°.

Die kruis self word gevorm deur die sterre Acrux (Alpha Crucis), Mimosa (Beta Crucis), Gacrux (Gamma Crucis) en Delta Crucis.

Die Suiderkruis bereik sy hoogste punt aan die hemelruim op 1 Mei om tienuur saans.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search