Akteur

Die akteurs van die Comédie-Française, circa 1720.

'n Akteur is 'n persoon wat 'n karakter uitbeeld in 'n uitvoering (ook aktrise; sien hieronder).[1] Die akteur doen die uitvoering "in die vlees" in die tradisionele medium van die teater of in moderne media soos film, radio en televisie. Die ooreenstemmende Griekse term is ὑποκριτής (hupokritḗs), letterlik "die een wat antwoord".[2] Die kuns lê in die akteur se interpretasie van die karakter wat uitgebeeld word en in sy toneelspel. Die woord rol, wat verwys na die akteur se interpretasie van 'n karakter, verwys na die rolle papiere wat gebruik was in teaters. Interpretasie van 'n rol, geskied selfs as die akteur "homself speel", in sommige eksperimentele teaterstukke.

Voorheen, in antieke Griekeland, Rome, die Middeleeuse wêreld, en in die tyd van William Shakespeare, kon net mans akteurs wees en vroue se rolle is gewoonlik deur mans of seuns gespeel.[3] Terwyl Antieke Rome later vroue toegelaat het om rolle te vertolk, het hulle slegs klein dele gekry om te praat. Die commedia dell'arte van Italië het egter professionele vroue toegelaat om deel te wees van uitvoerings: Lucrezia Di Siena, wie se naam op 'n kontrak van akteurs van 10 Oktober 1564 verskyn, word as die eerste Italiaanse aktrise beskou, met Vincenza Armani en Barbara Flaminia as die eerste primadonnas, en is die eerste goed-gedokumenteerde aktrises in Italië (en Europa).[4] Na die Engelse Herstel van 1660, het vroue op die verhoë in Engeland begin verskyn. In moderne tye, veral in die pantomime en 'n paar operas, het vroue soms die rolle van seuns of jong mans gespeel.[5]

  1. "The dramatic world can be extended to include the 'author', the 'audience' and even the 'theatre'; but these remain 'possible' surrogates, not the 'actual' referents as such" (Elam 1980, 110).
  2. "Definition of actor". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Augustus 2016. Besoek op 19 Mei 2020.
  3. Neziroski, Lirim (2003). "narrative, lyric, drama". Theories of Media :: Keywords Glossary :: multimedia (in Engels). University of Chicago. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 November 2019. Besoek op 14 Maart 2009. For example, until the late 1600s, audiences were opposed to seeing women on stage, because of the belief stage performance reduced them to the status of showgirls and prostitutes. Even Shakespeare's plays were performed by boys dressed in drag.
  4. Giacomo Oreglia (2002). Commedia dell'arte. Ordfront. ISBN 91-7324-602-6
  5. JULIET DUSINBERRE. "Boys Becoming Women in Shakespeare's Plays" (PDF). S-sj.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 27 Maart 2016. Besoek op 22 Oktober 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search