Algoabaai

Algoabaai

Uitsig oor Algoabaai
Koördinate:33°50′S 25°50′O / 33.833°S 25.833°O / -33.833; 25.833Koördinate: 33°50′S 25°50′O / 33.833°S 25.833°O / -33.833; 25.833
Ligging:Oos-Kaap, Suid-Afrika
Soort:Baai van die Indiese Oseaan
Maksimum diepte:436 m
Uitvloei:Indiese Oseaan
Eiland/e:Voëleiland, St Croix-eiland
Nedersettings:Gqeberha

Algoabaai (Engels: Algoa Bay) is 'n groot, wye baai aan die Oos-Kaapse kus, sowat 683 km oos van Kaap die Goeie Hoop. Die baai is op plekke tot 436 meter diep. Die hawestad Gqeberha (voorheen Port Elizabeth) en Coega-nywerheidsontwikkeling is langs die baai geleë.

Die baai is in 1486 deur Bartolomeus Dias op sy eerste reis om die Kaap die Goeie Hoop ontdek. Dit bied goeie ankerplek vir skepe, maar die suidoostewind was die oorsaak van baie wrakke totdat die huidige dokke gebou is.

Algoabaai is ook 'n vroeëre naam van Port Elizabeth.[1] Die woord "baai" is ook ingesluit in die teenswoordige naam van die Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit wat in 2001 rondom Algoabaai tot stand gekom het.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search