Indiese Oseaan

Die Indiese Oseaan
Die Aarde se vyf Oseane

Die Indiese Oseaan is die derde grootste watermassa in die wêreld en bevat ongeveer 20% van die aarde se totale water. Dit word in die noorde begrens deur Suid-Asië (die Indiese subkontinent); aan die weste deur die Arabiese Skiereiland en Afrika; aan die ooste deur die Maleise Skiereiland, die Soenda-eilande, en Australië; en aan die suide deur die Suidelike Oseaan. Dit word van die Atlantiese Oseaan geskei deur die 20° oosterlengtelyn wat strek vanaf Kaap Agulhas,[1] en deur die Stille Oseaan deur die 147° oosterlengtelyn.

Die noordegrens van die Indiese Oseaan is by ongeveer 30° Noord in die Persiese Golf. Die oseaan is amper 10 000 km (6 200 myl) breed by die suidepunte van Afrika en Australië; met 'n oppervlakte van 73 556 000 km² (28 400 000 vk. myl), insluitende die Rooisee en die Persiese Golf.

Die oseaan se volume word geskat op 292 131 000 km³ (70 086 000 kubieke myl). Klein eilande is verspreid geleë op die kontinentale rande. Eilandnasies in hierdie oseaan is Madagaskar, die wêreld se vierde grootste eiland; die Comore-eilande; Maledive; Mauritius; Seychelle en Sri Lanka. Indonesië grens aan die oseaan.

  1. Limits of Oceans and Seas Geargiveer 8 November 2006 op Wayback Machine. International Hydrographic Organization Special Publication No. 23, 1953.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search