Anglo-Zoeloeoorlog

Anglo-Zoeloeoorlog

Slag van Rorke's Drift
Datum 11 Januarie4 Julie 1879
Ligging Suid-Afrika
Resultaat Oorwinning vir die Britse Ryk
Anneksasie van die Zoeloekoninkryk
Strydende partye
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk Zoeloe-koninkryk
Aanvoerders
Vlag van Verenigde Koninkryk Sir Henry Frere
Vlag van Verenigde Koninkryk Lord Chelmsford
Vlag van Verenigde Koninkryk Garnet Wolseley
Cetshwayo kaMpande
Ntshingwayo Khoza
Dabulamanzi kaMpande
Sterkte
1ste inval:
15 000–16 000:[1][2]
  • 6 600 Britse soldate
  • 9 000 Afrikaners

17 kanonne
1 Gatling-kanon
1 vuurpyl battery
2de inval:
25 000:[3][4]

  • 16 000 Britse soldate
  • 7 000 Natalse inboorlinge
  • 2 000–3 000 draers

10 kanonne
2 Gatlink-kanonne

35 000[5]
Ongevalle en verliese
1 727 gesneuweldes
256 gewondes
6 000+ gesneuweldes[6]

Die Anglo-Zoeloeoorlog is in 1879 tussen die Britse Ryk en die Zoeloe-koninkryk gevoer. Met lord Carnarvon se suksesvolle instelling van 'n federasie in Kanada is die idee gehuldig dat soortgelyke politieke pogings, gekoppel aan militêre veldtogte, moontlik suksesvol kan wees met die Afrikaryke, stamgebiede en die Boererepublieke in Suid-Afrika. In 1877 is Henry Bartle Frere as hoëkommissaris vir die Britse Ryk gestuur om so 'n plan in Suid-Afrika te implementeer. Van die struikelblokke vir sy planne was die twee onafhanklike state van die Boererepublieke en die Zoeloekoninkryk en sy leër.[7]

Frere, wat op sy eie inisiatief, en sonder die goedkeuring van die Britse regering opgetree het,[8] en 'n oorlog met die Zoeloes wou ontlok, gee op 11 Desember 1878 'n ultimatum aan die Zoeloekoning Cetshwayo wat die koning nie kon nakom nie.[9] Bartle Frere stuur toe vir lord Chelmsford na Zoeloeland.[10] Die oorlog is gekenmerk deur verskeie bloedige slagtings, insluitende 'n verrassende oorwinning vir die Zoeloekrygers by die Slag van Isandlwana, asook as 'n baie belangrike tydperk in die tydlyn van imperialisme in die gebied.

  1. (en) Colenso, 1880, bl. 263–264.
  2. (en) Morris,Donald R.; Buthelezi, Mangosuthu The Washing of the Spears, Da Capo Press, 1998, bl. 292.
  3. (en) Morris,Donald R. (1994) The Washing of the Spears, reissued: Da Capo Press, 1998, bl. 498.
  4. (en) Colenso, 1880, bl. 396.
  5. (en) Colenso, 1880, bl. 318
  6. (en) Knight & Castle, Zulu War, 2004, bl. 115.
  7. Knight (1992, 2002), bl. 8.
  8. Spiers 2006, p. 41.
  9. Colenso 1880, pp. 261–262.
  10. Morris 1998, pp. 291–292.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search