10 results found for: “Apple”.

Request time (Page generated in 0.2381 seconds.)

Apple Inc.

Apple Inc. (gelys op NASDAQ as AAPL, voorheen bekend as Apple Computer, Inc.) is ’n Amerikaanse multinasionale korporasie wat rekenaars, verbruikerselektronika...

Last Update: 2023-12-18T02:41:06Z Word Count : 9737

View Rich Text Page View Plain Text Page

Apple II-reeks

Die Apple II-reeks of die Apple II-familie was Apple Inc. se eerste reeks mikrorekenaars vanaf die laat 1970's tot die vroeë / middel 1980's. Die rekenaars...

Last Update: 2023-06-12T17:18:41Z Word Count : 929

View Rich Text Page View Plain Text Page

Apple Music

Apple Music is 'n inteken-musiekstroomdiens wat in drie pakkette aangebied word: indiwidu, familie, en student. Die produk wat Apple Music bied, is 'n...

Last Update: 2020-06-29T05:58:39Z Word Count : 117

View Rich Text Page View Plain Text Page

Apple I

Die Apple I was 'n vroeë persoonlike rekenaar en die eerste om 'n sleutelbord met 'n mikroverwerker en 'n verbinding met 'n monitor te kombineer. Die...

Last Update: 2023-06-12T17:18:31Z Word Count : 472

View Rich Text Page View Plain Text Page

Apple TV+

Apple TV+ is 'n Amerikaanse subskripsie video-op-aanvraag-stromingdiens wat deur Apple Inc. besit en bedryf word en op 1 November 2019 bekendgestel is...

Last Update: 2024-04-09T17:50:43Z Word Count : 378

View Rich Text Page View Plain Text Page

Macintosh

Die Apple Macintosh (ook Apple Mac of iMac genoem) is die handelsnaam vir 'n soort persoonlike rekenaar wat deur die maatskappy Apple Inc. vervaardig...

Last Update: 2023-06-12T17:40:15Z Word Count : 261

View Rich Text Page View Plain Text Page

IWork

iWork is ’n kantoorpakket van werkskermtoepassings wat geskep is deur Apple Inc. vir die Mac OS X en iOS-bedryfstelsels. Die eerste weergawe van iWork...

Last Update: 2021-08-15T19:19:21Z Word Count : 2776

View Rich Text Page View Plain Text Page

Apple Newton

Die Apple Newton was een van die eerste persoonlike digitale assistente (PDA). Die toestel is ontwikkel deur die Apple-onderneming en is vanaf 1993 verkoop...

Last Update: 2023-06-12T17:18:51Z Word Count : 673

View Rich Text Page View Plain Text Page

MobileMe

intekengebaseerde versameling van aanlyn dienste en sagteware wat deur Apple aangebied is. Dit is aanvanklik op 5 Januarie 2000 bekendgestel as iTools...

Last Update: 2022-01-21T20:45:37Z Word Count : 4663

View Rich Text Page View Plain Text Page

GarageBand

gebruikers in staat stel om musiek of potgooie te skep. Dit is ontwikkel deur Apple Inc. en is deel van die iLife-pakket vir Mac OS X GarageBand is ’n vaartbelynde...

Last Update: 2023-10-07T11:31:08Z Word Count : 3067

View Rich Text Page View Plain Text Page

Main result

Apple Inc.

Apple Inc. (gelys op NASDAQ as AAPL, voorheen bekend as Apple Computer, Inc.) is ’n Amerikaanse multinasionale korporasie wat rekenaars, verbruikerselektronika, bedryfsstelsels en programmatuur ontwerp, vervaardig en – naas tradisionele kleinhandelkanale – ook in sy eie aanlyn- en straatwinkels (Apple Stores) bemark. Apple se hardewaretoestelle word – in teenstelling met dié van ander vervaardigers – rondom die onderneming se eie sagteware ontwikkel om volledige versoenbaarheid van alle komponente te verseker. Veiligheid en modernisties-estetiese ontwerpe is ander streng kriteria. In die 1970’s was Apple een van die eerste vervaardigers van persoonlike rekenaars wat danksy sy bemarkingstrategie vir sy Macintosh-reeks ’n beslissende bydrae tot die kommersiële sukses van tuisrekenaars gelewer het. In die 1980’s het die maatskappy nog eens ’n baanbrekersrol by die invoering van grafiese koppelvlakke en rekenaarmuise vervul. Met die bekendstelling van die iPod in 2001, die slimfoon iPhone in 2007, die tabletrekenaar iPad in 2010 en die slimhorlosie Apple Watch in 2015 het Apple sy sakebelange ook na ander produkvelde uitgebrei. Sy programmatuur sluit die volgende in: die macOS-bedryfstelsel; die iTunes-mediaspeler; die iLife-pakket van multimedia- en kreatiwiteitsprogrammatuur; die iWork-pakket van produktiwiteitsprogrammatuur; Aperture, ’n professionele fotografiepakket; Final Cut Studio, ’n reeks van professionele en rolprentindustrieprogrammatuurprodukte; Logic Studio, ’n reeks van musiekproduksieprogrammatuur; die Safari-webblaaier; en iOS en iPadOS, die mobiele bedryfstelsels vir Apple se slimfone en tabletrekenaars. Apple Inc. is die grootste beursgenoteerde maatskappy in die wêreld deur markkapitalisasie, die eerste onderneming waarvan die markwaarde die $1-biljoenkerf oorskry het, asook die grootste tegnologiemaatskappy in die wêreld gemeet aan omset en wins. In die fiskale jaar 2019 was die omset op die wêreldmark $260 miljard - 'n styging van 3 000 persent teenoor 2004. Apple se omset is intussen selfs groter as dié van sommige van die voorste rolspelers in die motorbedryf soos Daimler, Ford of Honda. In die tweede kwartaal van 2020 is 49,7 persent van Apple se omset deur iPhone-verkope gegenereer. In die eerste kwartaal van 2020 is 36,7 miljoen eenhede wêreldwyd verkoop. Die tydskrif Fortune het Apple in 2020 vir die dertiende jaar in 'n reeks as die mees bewonderde maatskappy in die wêreld benoem. Fortune se ranglys is gebaseer op 'n meningspeiling onder byna 3 800 hoof uitvoerende beamptes, direkteurs en ontleders. Die Apple-handelsmerk was in 2019 die waardevolste ter wêreld, nog voor Google en Amazon, met $234,241 miljard volgens Interbrand se Best Global Brands-verslag wat op 17 Oktober 2019 gepubliseer is. Die maatskappy het hulself egter ook heelwat kritiek op die hals gehaal weens die werkstoestande van kontrakteurs en weens hul omgewings- en sakepraktyke. Ná sy stigting op 1 April 1976 in Cupertino, Kalifornië en sy inkorporasie op 3 Januarie 1977 het die maatskappy vir die eerste dertig jaar as Apple Computer, Inc. bekend gestaan. Die woord “Computer” is op 9 Januarie 2007 van die naam verwyder, aangesien die tradisionele fokus van persoonlike rekenaars na verbruikerselektronika verskuif het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search