Angola

Republiek Angola
República de Angola (Portugees)
Repubilika ya Ngola
(Kongo, Kimbundu en Umbundu)
Vlag van Angola Wapen van Angola
Vlag Wapen
Volkslied: Angola Avante!
(Portugees vir: "Voorwaarts Angola!")
Ligging van Angola
Hoofstad Luanda

8°50′S 13°20′O / 8.833°S 13.333°O / -8.833; 13.333

Grootste stad Luanda
Amptelike tale Portugees
Nasionale tale: Kikongo, Chokwe, Umbundu, Kimbundu, Ganguela en Kwanyama[1][2]
Regering Unitêre presidensiële
grondwetlike republiek
João Lourenço
Bornito de Sousa
Onafhanklikheid
Vorming
• Portugese kolonisasie
• Onafhanklikheid
• Huidige grondwet


1575
11 November 1975
21 Januarie 2010
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
1 246 700 km2  (22ste)
481 400 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2014-sensus
 - Digtheid
 
25 789 024[3]
20,69 / km2 (199ste)
53,6 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$208,279 miljard[4] (64ste)
$6 930[4] (107de)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$110,186 miljard[4] (61ste)
$3 666[4] (91ste)

MOI (2017) 0,581[5] (147ste)  –  medium
Gini (2008) 42,7[6] –  laag
Geldeenheid Kwanza (AOA)
Tydsone
 - Somertyd
WAT (UTC+1)
nie toegepas nie (UTC+1)
Internet-TLD .ao
Skakelkode +244

Angola (Portugees: [ɐ̃ˈɡɔlɐ]; Kongo, Kimbundu en Umbundu: Ngola, [ɐ̃ˈɡɔlɐ]), amptelik die Republiek Angola (Portugees: República de Angola; Kongo, Kimbundu en Umbundu: Repubilika ya Ngola), is 'n land in Suider-Afrika wat grens aan Namibië in die suide, die Demokratiese Republiek van die Kongo in die noordooste, Zambië in die ooste en die Atlantiese Oseaan in die weste. Die provinsie Cabinda, wat hom ten noorde en buite die land self bevind, grens aan die Republiek van die Kongo in die noorde, die Demokratiese Republiek van die Kongo in die suide en die Atlantiese Oseaan in die weste. Angola is 'n lid van die Afrika-unie en 'n voormalige Portugese kolonie wat sy onafhanklikheid in 1975 bereik het. Die hoofstad en grootste stad is Luanda.

Nasa-Satellietbeeld van Angola
Kaart van Angola
Topografiese kaart van Angola
Luanda is die hoofstad en grootste stedelike sentrum van Angola
Die berge van Lubango
Miradouro da Lua langs die suidelike kus van Luanda

Angola was 'n Portugese kolonie vanaf die 16de eeu tot 1975. Ná onafhanklikwording was Angola van 1975 tot 2002 in 'n ernstige burgeroorlog gedompel. Die oorlog het ook deel uitgemaak van die wêreldwye Koue Oorlog, met Sowjetunie en Kuba wat die kommunisties gesinde MPLA (Movimento Popular de Libertação de Angola – Partido do Trabalho) ondersteun het terwyl Suid-Afrika en die Verenigde State die anti-kommunistiese Unita (União Nacional para a Independência Total de Angola) ondersteun het.

Die land is die naasgrootste petroleum- en diamantprodusent in Afrika suid van die Sahara. Daarteenoor het Angola van die laagste lewensverwagtings- en een van die hoogste kindersterftekoerse in die wêreld.[7] In Augustus 2006 is 'n vredesooreenkoms onderteken met 'n faksie van die Frente para a Libertação do Enclave de Cabinda, FLEC, 'n afgeskeidene guerillagroep van die Cabinda-eksklawe in die noorde van die land, wat steeds aktief is.[8] Nagenoeg 65% van Angola se ruolie is afkomstig van daardie area.

  1. (en) Angola Constitution and Citizenship Laws Handbook: Strategic Information and Basic Laws. USA International Business Publications. 4 April 2013. ISBN 978-1-4387-7839-6. Besoek op 18 Januarie 2019.
  2. (fr) "Angola". Universiteit van Laval. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 September 2019. Besoek op 18 Januarie 2019.
  3. (en) 2014 population census (INE Angola) Geargiveer 6 Mei 2016 op Wayback Machine
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) "Angola". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 18 Januarie 2019.
  5. (en) "2018 Human Development Report" (PDF). United Nations Development Programme. 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 18 Januarie 2019.
  6. (en) "Angola". Wêreldbank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2019. Besoek op 18 Januarie 2019.
  7. (en) Life expectancy at birth[dooie skakel], [www.cia.gov] (2009)
  8. (pt) Angola mantém presença militar reforçada em Cabinda, [UOL.com.br] (4 Junie 2008)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search