Barok

Die Barok was 'n kunssinnige stylperiode wat gewild was van die einde van die 16de eeu tot aan die begin van die 18de eeu. Barok het sy oorsprong in Italië gehad en het die destydse argitektuur, tuinargitektuur, skilderkuns, beeldhoukuns, letterkunde en musiek beïnvloed. Die woord "barok" is van die Portugese woord barroco afkomstig, wat "onreëlmatig gevormde pêrel" beteken. Daar word onderskei tussen die vroeë, hoë en laat-barok. Die barokstylperiode is retrospektief benoem waarby die term self oorspronklik 'n pejoratiewe betekenis gehad het.[1]

Die gewildheid en sukses van die Barokstyl was deur die Rooms-Katolieke Kerk aangemoedig, wat van mening was dat die kunste ook godsdienstige temas in direkte en emosionele betrokkenheid moet oordra. Die aristokrate het die Barokstyl as 'n kans gesien om besoekers te beïndruk en hul mag en beheer te versinnebeeld. Barokpaleise is voorsien van luisterryke howe en weelderige ontvangskamers.

Monteverdi se Ritorno

Met Barok word die styl aangedui van beeldende kuns, literatuur en musiek, in 'n periode wat ruweg van die einde van die 16e eeu tot die eerste helfte van die 18e eeu geduur het. Die Barok het sy ontstaan in Italië gehad en vinnig oor die res van Europa versprei.

Die styl het 'n sterk religieuse inslag en word gekenmerk deur 'n strewe na grootse swier, verhewenheid, eenheid en ewewigtigheid in die kunswerke.

Beroemde kunstenaars soos Bernini, Rubens, Rembrandt, Velazquez, Cervantes, Monteverdi en Bach word as verteenwoordigers van die Barok gereken. Die term barok word ook nog in sy oorspronklike betekenis, dit wil sê "oordrewe geornamenteer" gebruik vir oordadig versierde kunswerke uit ander stylperiodes.

  1. Visuele Kunste Graad 12 Leerderboek. Mowbray: Future Managers 2013, bl. 20

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search