Bedryfstelselkern

Die bedryfstelselkern in rekenaarwetenskap verwys na die sentrale komponent van die meeste rekenaarbedryfstelsels. Die kern is verantwoordelik die bestuur van die stelsel se hulpbronne (die kommunikasie tussen die hardeware- en sagtewarekomponente). Die kern as basiese komponent van 'n bedryfstelsel verskaf die laagste vlak abstraksielaag vir die hulpbronne (veral ewetoeganklike geheue, SVE's en Toevoer/afvoertoestelle) wat toepassingsagteware moet beheer om hul funksies te verrig. Dit maak tipies hierdie fasiliteite beskikbaar aan toepassingsagteware se prosesse deur middel van interproseskommunikasie meganismes en stelselroepe.

Hierdie take word verskillend aangepak deur verskillende bedryfstelselkerne, afhangende van hul ontwerp en implementering. Terwyl monolitiese kerne probeer om hierdie doelwitte te bereik deur al die kode in dieselfde adresruimte uit te voer om die werkverrigting van die stelsel te probeer verbeter, mikrokerne hardloop die meeste van hulle dienste in die gebruikersruimte, met die mikpunt om die onderhoubaarheid en modulariteit van die kodebasis te verbeter. 'n Reeks van moontlikhede bestaan tussen hierdie twee uiterste benaderings.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search