Beijing

北京市 (Běijīng Shì)
Munisipaliteit Beijing
Ligging in die Volksrepubliek China
Basiese inligting
Oorsprong van die naam: běi - noordelike
jīng - hoofstad
"Noordelike Hoofstad"
Afkorting: Jīng
Oppervlakte: 16 808 km² (29ste)
Bevolking (2004): 14 930 000 (26ste) (munisipaliteit)
ongeveer 7,5 miljoen (munisipaliteit)
Bevolkingsdigtheid (2004): 888/km² (2de) (munisipaliteit)
BBP (2004):
 - per kapita
CNY 428,3 miljard (15de)
CNY 28 700 (2de)
Etniese groepe (2000): Han - 96%
Mantsjoes - 2%
Hui - 2%
Mongole - 0,3%
Stadsbome: Chinese arborvitae
(Platycladus orientalis)
Pagodaboom
(Sophora japonica)
Stadsblomme: Chrysanthemum
(Chrysanthemum morifolium)
Chinese roos
(Rosa chinensis)
Hoogte bo seespieël: 43,5 m
Koördinate: 39°54′20″N 116°23′29″O / 39.90556°N 116.39139°O / 39.90556; 116.39139
Poskode: 100000 - 102600
Areakode: +86/10
Nommerplaat-identifikasie : 京A, C, E, F, H, J
京B (huurmotors)
京G (buite die stadsgebied)
京O (polisie en amptelike voertuie)
京V (militêre hoofkwartier
& sentrale regering)
ISO 3166-2: cn-11
Tydsone : UTC+8
Webwerf : (zh) www.beijing.gov.cn
(en) www.ebeijing.gov.cn Geargiveer 13 Augustus 2010 op Wayback Machine
Regering
Administratiewe tipe: Munisipaliteit
KPS Shanghai
Komiteesekretaris:
Liu Qi
Burgemeester: Wang Qishan

Beijing (Chinees: 北京, pinyin: Běijīng, [pèi.tɕíŋ], ; of Peking) is 'n stad in die noorde van China en is die hoofstad van die Volksrepubliek China. Beijing word tans regstreeks deur die Chinese regering geadministreer en is sodoende gelykgestel aan provinsies, outonome gebiede en spesiale administratiewe streke.

Die Verbode Stad, tuiste van die keisers van die Ming- en die Qing-dinasties
Die Plein van die Hemelse Vrede

Die administratiewe gebied van die Beijing-munisipaliteit strek oor 'n oppervlakte van 16 807,8 vierkante kilometer, maar behels naas Beijing merendeels landelike gebiede. Die munisipaliteit grens aan die provinsie Hebei in die noorde, weste, suide en 'n klein gedeelte in die ooste en die Munisipaliteit Tianjin in die suidooste.

Beijing is een van die vier groot geskiedkundige hoofstede van China en fungeer vandag vanweë sy status as regeringsetel as die politieke sentrum van die Volksrepubliek China. Die stad pronk danksy sy lang en veelbewoë geskiedenis, wat oor meer as drieduisend jaar strek, met 'n indrukwekkende kulturele erfenis. Bekende besienswaardighede sluit die Tiananmen-plein (Chinees, "Plein van die Poort van Hemelse Vrede"), die Verbode Stad met die voormalige keiserlike paleis, wat deur die Unesco in 1987 tot wêrelderfenisgebied verklaar is, die Ou en Nuwe Somerpaleis en verskillende tempels soos die Hemelse Tempel, die Lamatempel en die Confuciustempel in. Beijing het as die gasheerstad van die Olimpiese Somerspele en die Paralimpiese Somerspele van 2008 opgetree. Die stad sal ook as die gasheerstad van die Olimpiese Winterspele en die Paralimpiese Winterspele van 2022 optree.

Beijing is China se tweede grootste stad in terme van bevolkingSjanghai. Dit is 'n beduidende vervoersentrum, met dosyne treinspore, paaie en hoofweë in alle rigtings. Die stad huisves ook die belangrike Beijing Capital Internasionale Lughawe. Beijing vorm die politieke en kulturele sentrum van die Volksrepubliek China, terwyl stede soos Sjanghai en Hongkong die leiers is op ekonomiese gebied.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search