Bitcoin

Die Bitcoin-logo.

Bitcoin () verwys na 'n elektroniese geldeenheid, asook na die oopbronsagteware wat ontwerp en geskryf is om dit te kan munt en gebruik. Dit is van die eerste implementerings van kriptogeld, wat in 1998 beskryf is deur Wei Dai op die cypherpunks elektroniese poslys. Satoshi Nakamoto (die pseudoniem van 'n onbekende persoon of groep) het dit in 2009 geïmplementeer.[1] Bitcoin is die eerste aanwending van 'n blokketting. Eienaars van Bitcoin kan van verskeie webwerwe gebruik maak om Bitcoin vir nasionale geldeenhede soos Suid-Afrikaanse rand, Amerikaanse dollar, of euro te verruil, en kan dit as betaalmiddel vir goedere en dienste by 'n aantal verskaffers gebruik.

Bitcoin is 'n gedesentraliseerde digitale geldeenheid, sonder beheer deur 'n sentrale bank of enkele administrateur, wat van gebruiker tot gebruiker in die eweknie-bitcoin-netwerk gestuur kan word sonder dat tussengangers nodig is.[2] Transaksies word deur kriptografiese metodes deur netwerknodusse geverifieer en opgeneem in 'n grootboek wat 'n blokketting genoem word. Bitcoins word geskep as 'n beloning vir 'n proses wat "mynbou" genoem word. Dit kan verruil word vir ander geldeenhede, produkte en dienste.[3] Navorsing deur die Universiteit van Cambridge beraam dat daar in 2017 tussen 2,9 tot 5,8 miljoen unieke gebruikers was wat 'n kripto-geldeenheidsbeursie gebruik het, waarvan die meeste bitcoin gebruik het.[4]

Bitcoin word gekritiseer vir die gebruik daarvan in onwettige transaksies, die groot hoeveelheid elektrisiteit wat mynwerkers gebruik, die wisselvalligheid in die prys en diefstalle daarvan op die internet. Sommige ekonome, waaronder verskeie Nobelpryswenners, het dit al as 'n spekulatiewe borrel bestempel. Bitcoin kan ook as 'n belegging gebruik word, hoewel verskeie regulerende agentskappe alreeds beleggerswaarskuwings daaroor uitgereik het.[5][6]

  1. Vigna, Paul; Casey, Michael J. (Januarie 2015). The Age of Cryptocurrency: How Bitcoin and Digital Money Are Challenging the Global Economic Order (1 uitg.). New York: St. Martin's Press. ISBN 978-1-250-06563-6.
  2. "Statement of Jennifer Shasky Calvery, Director Financial Crimes Enforcement Network United States Department of the Treasury Before the United States Senate Committee on Banking, Housing, and Urban Affairs Subcommittee on National Security and International Trade and Finance Subcommittee on Economic Policy" (PDF). fincen.gov. Financial Crimes Enforcement Network. 19 November 2013. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2016. Besoek op 1 Junie 2014.
  3. "What is Bitcoin?". CNN Money. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2015. Besoek op 16 November 2015.
  4. Hileman, Garrick; Rauchs, Michel. "Global Cryptocurrency Benchmarking Study" (PDF). Cambridge University. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 10 April 2017. Besoek op 14 April 2017.
  5. "Bitcoin". U.S. Commodity Futures Trading Commission. Geargiveer van die oorspronklike op 1 Julie 2018. Besoek op 17 Julie 2018.
  6. "SEC.gov | INVESTOR ALERT: BITCOIN AND OTHER VIRTUAL CURRENCY-RELATED INVESTMENTS". www.sec.gov. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Junie 2019. Besoek op 1 Junie 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search