Boks

Piktogram wat bokssport aandui
'n Bokswedstryd tussen Ricardo Domínguez (links) en Rafael Ortíz
Twee amateurboksers van die Amerikaanse Lugmag tydens 'n toernooi in 2004

Boks is 'n taktiese vegsport. Twee teenstanders, wat gewoonlik beskermende handskoene en ander beskermende toerusting soos handomhulsels en mondskerms dra, probeer punte aanteken deur met hul vuiste na mekaar te slaan in 'n bokskryt. Dié geskied met enkelhoue, of 'n kombinasie van verskillende houe; die direkte hou, die opstopper en die haakhou. Krag is nie so belangrik as spoed nie, vir hierdie rede word boks ook nie as 'n kragsport gekategoriseer nie. Naas die tradisionele mansboksitems word kampioenskappe ook vir dames aangebied.

Olimpiese boks het 'n ouderdomsbeperking van 17–34 jaar en mans kompeteer volgens gewigsgroepe. Amateurboks is beide 'n Olimpiese en Statebondspele-sport en is 'n standaardwedstryd by die meeste internasionale toernooie, asook by wêreldkampioenskappe.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search