Chicago

Chicago

Kaart Seël
Vlag
 Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
 Deelstaat Illinois
 Counties Cook, DuPage
 Koördinate 41°53′N 87°37′W / 41.883°N 87.617°W / 41.883; -87.617
 Stigting ~ 1780 (1780)
 Geïnkorporeer op 4 Maart 1837
 Oppervlakte:  
 - Totaal 607,44 vk km
 - waarvan land 589,82 vk km
 Hoogte bo seevlak 182,02 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2020) 2 746 388
 - Bevolkingsdigtheid 4 656,33/vk km
 - Metropolitaanse gebied 9 618 502
 Tydsone UTC -6 (CST)
 - Somertyd UTC -5 (CDT)
 Klimaat  
 - Tipe Kontinentale klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 10,5 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie -3,3 / 24,3 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 937,1 mm
 Burgemeester Brandon Johnson (D)
 Amptelike webwerf chicago.gov

Chicago (Engels: [ʃɪˈkaˌgo, ʃiˈkæˌgɔ], ) is die grootste stad in die Amerikaanse deelstaat Illinois, in die Middelweste op die suidwestelike oewer van die Michiganmeer. Met 'n bevolking van byna drie miljoen is dit ook die derde grootste stad in die Verenigde State. Dit is ’n belangrike nywerheid- en sakesentrum, bekend vir sy talle wolkekrabbers.[1]

Die groter sogenaamde Chicagoland, 'n verstedelikte gebied wat oor die noordooste van Illinois tot in die suidooste van Wisconsin en die noordweste van Indiana strek, is die derde grootste metropolitaanse gebied in die Verenigde State en die oorheersende metropool in die Amerikaanse Middelweste met 'n bevolking van meer as nege miljoen.[2]

Chicago, wat in die noordweste van Illinois aan die Michiganmeer lê, is die finansiële, sake- en kulturele spilpunt van die Amerikaanse Middelweste en word deur die Loughborough University Globalization and World Cities Study Group & Network as alfa-wêreldstad gelys. Die stad het in sy lang geskiedenis verskillende byname soos Windy City, Chi-Town en Stad van die Groot Skouers (volgens Carl Sandburg se gedig Chicago) gekry.

Die stad is in 1833 as 'n dorp gestig wat die Groot Mere met die Mississippirivierstelsel verbind het en het vinnig tot 'n belangrike vervoersentrum in die Noordwesgebied ontwikkel, met stoomboot-, kanaal- en (sedert 1855) spoorwegverbindings na ander belangrike gebiede in die VSA. In 1890 is dit reeds by die tien invloedrykste wêreldstede gereken en was dit ook 'n belangrike nywerheids-, politieke, geneeskundige en opvoedkundige sentrum.

Ná die groot brandramp van die jaar 1871 is Chicago binne 'n kort tydperk as moderne stedelike nedersetting herbou. Dit was in die laat 19de eeu die bakermat van die staalskelet-wolkekrabber, terwyl sy modernistiese 20ste eeuse boukuns rigtingwysende ontwerpe van internasionaal befaamde argitekte soos Louis H. Sullivan, Frank Lloyd Wright en Ludwig Mies van der Rohe insluit.

Ná die Tweede Wêreldoorlog het Chicago 'n nuwe oplewing van boubedrywighede beleef, alhoewel 'n groot deel van die stedelike bevolking na die voorstede verhuis het.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. (en) Encyclopædia Britannica: Chicago. Besoek op 18 Junie 2015

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search