Gemini-program

'n Illustrasie van die Gemini ruimtetuig

Die Gemini-program was Nasa se tweede bemande ruimtevlugprogram. Dit het die Mercury-program opgevolg en is op sy beurt deur die Apollo-program opgevolg. Dit het in 1961 begin en het in 1966 tot 'n einde gekom. Die Gemini-ruimtetuie het 'n bemanning van twee gehad. Tien Gemini-bemannings het lae-wentelbaan missies om die aarde tussen 1965 en 1966 voltooi. Dit het verseker dat Amerika die leiding in die ruimtewedloop geneem het.

Die doelwit van die program was om tegnieke vir ruimtevaart te ontwikkel om sodoende 'n persoon op die maan te plaas. Die missies was net so lank soos reise na die maan en hulle het ook ruimtewandelings en werkstegnieke in die ruimte vervolmaak. Ook die tegnieke om ruimtetuie in die ruimte te stuur, wentelbane te verander en om ruimtetuie te dok is vervolmaak. Nadat hierdie tegnieke ontwikkel is kon die Apollo-program voortgaan om mense op die maan te plaas.

Gemini 1 en Gemini 2 was twee onbemande vlugte.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search