ILife

iLife
Ontwikkelaar Apple Inc.
Aanvanklike vrystelling 7 Januarie 2003 (2003-01-07)
Bedryfstelsel OS X, iOS[1]
Platform ARM & Intel (iLife v1-’09 versoenbaar met PPC)[1]
Grootte op skyf 4 GG[1]
Lisensie Eiendomsprogrammatuur
Webblad iLife

iLife is ’n pakket van programmatuurtoepassings vir Mac OS X wat ontwikkel is deur Apple om foto’s, video’s en musiek te organiseer, redigeer en publiseer. Die pakket bevat vyf toepassings: iPhoto, iMovie, iDVD, GarageBand en iWeb.

Die mees onlangse weergawe van die pakket is op 22 Oktober 2013 vrygestel gedurende ’n spesiale geleentheid deur Apple. Tussen iLife ’11 en die nuutste weergawe wat nou slegs d.m.v. die Mac-Toepwinkel beskikbaar is, het die fokus op ’n jaargebaseerde allesinsluitende pakket verskuif na ’n toep-vir-toep-basis. Die term iLife word ook nou gebruik om na die toeps vir OS X en iOS te verwys. Die weergawes vir die onderskeie toestelle is gratis beskikbaar saam met die registrasie van ’n nuwe Mac-rekenaar of iOS-toestel. Opgraderings na die nuwe weergawes van vroeëre weergawes in die Toepwinkel is gratis vir enige bestaande gebruiker vergeleke met vorige pre-Toepwinkel-weergawes waar ’n gebruiker die totale pakket moes koop om die opgraderings te bekom.

  1. 1,0 1,1 1,2 (en) iLife Stelselvereistes

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search